Stamselterapie

Stamselterapie is die gebruik van stamselle om 'n siekte te behandel of om 'n toestand te voorkom.

Beenmurgoorplanting is die mees algemene Stamselterapie wat gebruik word, maar terapie wat afkomstig is van naelstring-bloed word ook gebruik. Navorsing is onderweg om verskeie bronne vir stamselle te ontwikkel en om stamsel behandelings aan te wend vir neuro-degeneratiewe siektes en toestande soos diabetes, hartsiektes en ander toestande.

Stamselterapie het omstrede geword weens sekere ontwikkelings soos die vermoë van wetenskaplikes om embrionale stamselle te isoleer en te kweek; om stamselle te skep deur die gebruik van somatiese selkern oordrag en die gebruik van tegnieke om pluripotente stamselle te skep. Hierdie omstredenheid hou dikwels verband met aborsie politiekery en menslike kloning. Die pogings om behandelings te bemark wat gebaseer is op die oorplanting van gestoorde naelstring-bloed is ook omstrede.

Stamselle kan uit naelstring-bloed onttrek word.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search